Subscribe by Email

Wayde van Niekerk wen goud vir Suid-Afrika én stel ‘n nuwe wêreldrekord op

wayde-van-niekerk_ap-mWayde van Niekerk het Suid-Afrika se eerste goue medalje op die Olimpiese Spele in Rio ingepalm en boonop ‘n nuwe wêreldrekord opgestel. Hy het die 400 meter gewen in ‘n tyd van 43,03 sekondes, komma 1-5 sekondes vinniger as die vorige rekord wat die Amerikaner Michael Johnson in 1999 in Seville, Spanje, opgestel het. Die verdedigende kampioen, Kirani James van Grenada, was tweede en die Amerikaner LeShawn Merritt derde. Van Niekerk se goue is Suid-Afrika se sewende medalje op die Spele. Die ander is vyf silwer en een brons.