Subscribe by Email

Wat sal jy vir seks betaal?

Borg ‘n woord in die WAT teen R100 per woord en jy kan ’n Sanlam-belegging van R20 000 wen.

AfriForum het “Afrikaans” geborg vir R5 000, Solidariteit het R5 000 betaal vir “solidariteit” en Koos Bekker het “skon” gekoop vir sy ma Deleen.  Een deelnemer het R200 gestuur sodat twee Afrikaanse woorde ‘n “lêplekkie in die woordeboek kan kry”. Oumas en oupas borg woorde vir hul kleinkinders, en mans borg woorde as verjaarsdaggeskenke vir hul vroue.

Nou vra dr. Willem Botha, hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal: “Wat is jy bereid om vir ‘seks’ te betaal?” en David Kramer sê: “Afrikaans is die taal van my hart. Dit sal bakgat wees as almal deelneem aan Borg ‘n Woord!”

Daar is ‘n Sanlambelegging van R20 000 te wen in die WAT se nuwe projek Borg ‘n Woord. Vir R100 per woord kan jy enige Afrikaanse woord van jou keuse borg en jy sal ook ‘n sertifikaat van die WAT ontvang met die woord of woorde wat jy borg.

Teen R5 000 per woord kan jy ‘n woord van jou keuse borg en jou naam verskyn saam met die woord of woorde in die volgende deel van die WAT. Die reaksie is oorweldigend en die administratiewe personeel van die WAT kan skaars voorbly met die toekenning van woorde en die uitstuur van die sertifikate.

Op 25 Maart 2011, wanneer die WAT sy 85ste verjaarsdag vier, sal David Kramer die prystrekking waarneem wat sal bepaal wie die Sanlambelegging van R20 000 wen.  Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 21 Maart 2011 en die vyf finaliste sal na die verjaarsdagviering genooi word.  Om deel te neem kan ‘n tjek uitgemaak aan die WAT Trust na Posbus 245, Stellenbosch gestuur word met jou naam en telefoonnommer en Borg ‘n Woord as verwysing. Vir ‘n direkte inbetaling of meer inligting kan www.wat.co.za geraadpleeg word.

Intussen stroom die inskrywings in en vandeesweek het ‘n vroulike deelnemer ‘n kortverhaal getitel Die S-woord saam met haar inskrywing gestuur.  Die verhaal wentel rondom Borg ‘n Woord en vertel hoe ‘n man sy droommeisie se hart verower deur vir haar ‘n magiese S-woord te koop