Subscribe by Email

McKenzie fokus nie op gissings nie

Ewan McKenzie

Daar word wyd in die Australiese media bespiegel dat  Ewan McKenzie binne weke afgedank kan word.

McKenzie is al vir weke in die spervuur weens geskille in die Wallabies se kamp.  Die nasionale span het 11 van die 21 toetse aan die stuur van McKenzie verloor.

Bill Pulver, die ARU uitvoerende hoof, het vir McKenzie geskerm en ontken daar word beplan om hom te vervang.  Hy hou vol McKenzie sal die Aussies afrig in die Wêreldbeker-toernooi in Engeland.

‘n Voormalige afrigter wan die Wallabies, Eddie Jones, sê “as die Wallabies aanhou droogmaak, moet die ARU iemand op kort termyn in McKenzie se plek aanstel.  Iemand wat dit kan doen, is Jake White.  Nie op lang termyn nie, maar dit kan werk en Michael Cheika (die Waratahs se afrigter) kan grootgemaak word om oor te neem.”

Jake is daarvoor bekend dat hy in ‘n kort tydperk ‘n ommeswaai in ‘n span kan bewerkstellig.

Hy het die Brumbies binne twee jaar tot die Superrugby-eindstryd gelei en die Haaie tot in die derde plek vanjaar nadat hulle in 2013 agste geëindig het.

McKenzie het intussen gesê hy fokus nie op die gissings oor sy pos nie, maar eerder op ander sake.