Subscribe by Email

Wakkerstroom Otters

Wakkerstroom is bekend as ‘n voëlkykersparadys. Min toeriste aan hierdie klein dorpie is egter bewus daarvan dat die vleiland ook ‘n habitat is vir die Groot Otter (ook genoem die Kaapse Kloulose Otter), die tweede grootste varswater otterspesie.  Hierdie otterspesie is ‘n nagdier wat leef van paddas, vis, wurms en krappe, dié dat hulle so baie van die vleiland hou.

Die Wakkestroom vleiland het onlangs ‘n tweede uitkykpunt bygekry, en dit is ook ‘n goeie plek om vroegoggend op die uitkyk te wees vir die otters wat in die water speel. Die laatslapers mag selfs so gelukkig wees om hulle uitgestrek op die gras te sien lê tydens hulle dagslapie!