Subscribe by Email

Waarskynlike regsaksie wag op NG Kerk na gay besluit

laurieDie NG Kerk het tydens sy buitengewone Algemene Sinode duidelik nee gesê vir enige seksuele verhoudings tussen mense van dieselfde geslag.

Volgens die sinode is die huwelik deur God ingestel as ‘n lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou. Die sinode sê hoewel daar lidmate is wat in burgerlike verbintenisse van dieselfde geslag is, keur die kerk dit nie goed nie.

Predikante sal ook nie meer toegelaat word om gay-verbintenisse te bevestig nie.

Laurie Gaum het gesê: “Ons gaan die regsproses wat ons begin het, verder voer, Ek is verslae dat die kerk terugbeweeg het en nie daarin geslaag het om die veranderende samelewing te aanvaar of om ’n bydrae te lewer op die vlak wat nodig is nie. Ons (die kerk se) geloofwaardigheid is in gedrang. As die hof die enigste instansie is, moet ons dit dalk oorweeg. Ons gaan in die volgende paar dae besin en ’n besluit daaroor neem,” berig Netwerk 24.

2 Responses to Waarskynlike regsaksie wag op NG Kerk na gay besluit

  1. Hanlie Rothman

    November 14, 2016 at 12:54 pm

    Gedurende die hervorming het die Solas gesê waarvoor ons in die kerk sal staan, die aanval is nie teen homoseksuele mense nie maar wel teen hul lewenstyl.

    Sola Scriptura beteken dat dit wat in die skrif staan die waarheid en niks anders as die waarheid is nie en dat ons daaraan vashou. In die Bybel spreek God hom duidelik uit teen homoseksuele verhoudings.

    Sola Christi: Ons glo in Christus en dit waarvoor hy volgens die Woord van God staan.

    Sola Gracia: Dankie Vader vir hierdie een want ons word uit genade alleen gered.

    Die ander twee ontval my nou. Weereens wil ek beklemtoon dat dit nie oor ons of ons eie sondige menslike behoeftes gaan nie maar dat die kerk sal doen wat God behaag.

    Mag Sy genade vir ons genoeg wees.

    Hanlie

  2. Louis

    November 11, 2016 at 4:32 pm

    Mnr Gaum …. Jy is vry om te glo soos jy verkies, maar moenie ander probeer dwing om jou sieninge te aanvaar nie. As jy nie saamstem met enige kerk nie (en daar is heelwat kerke wat dieselfde siening het as die NG Kerk), wel : Jy is mos vry om by ander kerk aan te sluit, of jou eie kerk te begin, of kerkloos te wees, dis jou persoonlike keuse. Jy weet reeds dat die kerk se deure oop staan vir jou, soos vir enige ander, vir aanbidding.

    Maar weet dit : Die “veranderende samelewing” is van nul en gener belang. Die Woord is onveranderbaar en vir ewig. As jou vertolking van die Woord anders is as dié van die NG Kerk, alle seën vir jou, maar moenie jou wil probeer afdwing op ander nie.

    Daar is ‘n groot verskil tussen om te sê die kerk se deure staan oop vir almal vir aanbidding (dis reg), teenoor om te sê die kerk moet mý sieninge,wat ék wil verkondig as kerkleier, aanvaar, wanneer dit kom by verskillende vertolking van beginsels gebaseer op die Woord (dis verkeerd).

    Ek dink binne jou weet jy reeds wat die regte ding is om te doen : Die blote gedagte dat jy ‘n hof (menslike instelling) wil gebruik om jou persoonlike siening van die Woord af te dwing, behoort alreeds vir jou te sê dat jy hopeloos op die verkeerde pad is.

    Voorts : “Ons gaan ….besin…” dui op verkeerde pad. Is jy nie veronderstel om eerder te bid om leiding van Bo nie ?

    Terloops, wie is ‘ons’, en hoeveel onse is in jou pond ?