Subscribe by Email

Waarskuwing oor die Zika-virus in Miami

miamiAmerikaanse gesondheidsowerhede het ‘n reiswaarskuwing vir swanger vroue uitgereik om Miami se strandgebied te vermy weens die verspreiding van die Zika-virus. Vyf mense in die omgewing het reeds die virus opgedoen. Die siekte, wat onder meer deur muskiete versprei word, veroorsaak erge afwykings by babas. Amerika se sentrum vir Siektebeheer en –Voorkoming sê aangesien dit nou die muskietseisoen is, word meer Zika-besmettings in die komende maande verwag.