Subscribe by Email

Waarskuwing dat gratis tersiêre onderrig die ekonomie sal benadeel

south_african_chamber_of_commerce-2-890x395_cDie Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid glo die ekonomie sal benadeel word as persoonlike en korporatiewe belasting verhoog sou word om gratis tersiêre onderrig te befonds. Studente betoog landwyd sedert die regering aangekondig het dat universiteite hulle fooie volgende jaar met ag per sent mag verhoog. Die kamer se uitvoerende hoof, Alan Mukoki, sê sakelui steun die idee van gratis onderrig vir behoeftige studente, maar die regering sal ‘n deeglike ondersoek na finansiële behoeftes moet doen.