Subscribe by Email

Waarde van SA se minerale

Suid-Afrikaanse ruwe diamante

Suid-Afrikaanse ruwe diamante

Die onlangse uitspraak in die hooggeregshof dat die regering inderdaad ongrondwetlik opgetree het deur die land se mineraleregte te onteien, laat die vraag: “Wat is die waarde van SA se minerale rykdomme?”
Volgens Citi Bank is die waarde ‘n yslike R18 triljoen, die rykste ter wêreld. Die regering het onlangs ‘n aanlynstelsel bekend gestel waardeur instansies van reg oor die wêreld aansoek kan doen vir prospekteerregte.
Dit beteken waarskynlik nie dat die regering eensklaps R18 triljoen belastingbetalersgeld sal moet bymekaar skraap om die wettige eienaars vir hul verliese te kompenseer nie. Grondeienaars het ‘n jaar tyd om hul eise vir kompensasie in te dien.
Dit is bykans seker dat die regering, wat deurgaans volgehou het dat dit nie die mineraleregte onteien het nie, teen die uitspraak sal appelleer, waarskynlik tot in die grondwethof. As die regering daar ook die onderspit delf, sal ander metodes waarskynlik gevind moet word om die aangeleentheid op te klaar.