Subscribe by Email

Waar is jy oujaar/nuwejaar? Koerant soek jou foto’s!

Die stad Kaapstad het tien plekke uitgewys waar vuurwerke op Oujaarsaand geskiet kan word. ‘n Woordvoerder van die stad se rampbestuur, Wilfred Solomons-Johannes sê dit sal dit veiliger maak en ook help om beter beheer daaroor te hê. Volgens hom sal die polisie op al die toegewysde areas aan diens wees.

Die Dierebeskermingsvereniging het ‘n beroep op eienaars van troeteldiere gedoen om mooi na hul troeteldiere te kyk tydens nuwejaarsvieringe. Die Vereniging waarsku dat vuurwerke diere kan beseer en kan traumatiseer. Die DBV sê daar word nou saam met die polisie en veiligheidsmaatskappye gewerk om diere se veiligheid te verseker.

Polisiekommissaris Bheki Cele het ‘n besoek gebring aan die Durbanse Strandgebied in KwaZulu-Natal. Cele, vergesel van ‘n groot afvaardiging polisielede, inspekteer die veiligheidsmaatreëls vir die Oujaar- en Nuwejaarsvieringe. Cele het ook met besoekers en straatsmouse gesels. Die meeste besoekers het gesê hulle is gerus en voel veilig met die veiligheidsmaatreëls wat op die strandfront geld.

Koerant.com wens al sy lesers ‘n heerlike oujaarsaand toe, en alles wat na voorspoed mag lyk en klink vir 2011. Ons maak ook van die geleentheid gebruik om dankie te sê aan elke leser, wat ons ondersteun deur Koerant te lees, en ons nuusbrokkies so getrou te volg op Twitter. Stuur vir ons jou foto’s van jou nuwejaars-viering of party met ‘n kort beskrywing daarby na raymond@koerant.com en ons mag dit dalk net publiseer hier op Koerant.