Subscribe by Email

Vyftig mense sterf in ‘n aanval op ‘n gay nagklub in Amerika

160612221256-30-orlando-shooting-super-169Uit Amerika word berig dat vyftig mense dood en 53 gewond is in ‘n skietvoorval in ‘n gay-nagklub in Orlando, Florida, wat beskou word as die enkele dodelikste massa-skietvoorval in die land. Omar Mateen het met ‘n aanvalsgeweer en ‘n handwapen op mense losgebrand en is later dood in ‘n skietgeveg met die polisie. Die 29-jarige Mateen het vroeër blykbaar sy steun vir die terreurgroep Islamitiese Staat uitgespreek, wat aanspreeklikheid aanvaar het vir die aanval.

President Barack Obama het dit beskryf as ‘n daad van terreur en haat, en ‘n verdere herinnering aan hoe maklik dit is om ‘n dodelike wapen in die land te bekom.