Subscribe by Email

Vyftien mense wat by Beitbrug in hegtenis geneem is, verskyn in die hof

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Die adjunkdirekteur van die Departement van Binnelandse Sake in Beitbrug en nog 14 ander persone sal na verwagting in die Musina-landdroshof in Limpopo verskyn. Die Valke se woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, sê die verdagtes het na bewering onwettige persone se paspoorte gestempel en vals dokumente uitgereik vir ‘n fooi van tussen eenduisend en 12-duisend Rand. Die verdagtes wat gister na ‘n ondersoek van ses maande in hegtenis geneem is, staar aanklagte van bedrog en korrupsie in die gesig. Hulle is vermoedelik deel van ‘n sindikaat.