Subscribe by Email

Vyf Rhodes-studente word vrygelaat

studentVyf studente van die Universiteit Rhodes in die Oos-Kaap is op waarskuwing vrygelaat nadat hulle in hegtenis geneem is tydens ‘n betoging by die kampus in Grahamstad. Studente het betoog oor die vrylating van elf manstudente wat beskuldig is van seksuele aanvalle. Die betogers beskuldig bestuur daarvan dat hy versuim om teen die verdagtes op te tree. Die polisie sê die studente wat vrygelaat is, moet op 20 Julie in die hof verskyn.

Visekanselier Sizwe Mabizela het intussen uitgevaar teen die polisie wat met rubberkoeëls op die betogers losgebrand het terwyl hulle vreedsaam buite die kampus betoog het. Die opstandiges het gister die hoofstraat op die dorp versper. Die polisie het die optrede verdedig en sê hulle het traanrook en skokgranate gebruik nadat die studente verskeie waarskuwings ignoreer het om uiteen te gaan.