Subscribe by Email

Vyf nuwe sportkodes kan aan 2020 se Olimpiese Spele in Tokio deelneem

surfetiquetteVyf nuwe sportkodes is bevestig vir 2020 se Olimpiese Spele in Tokio, Japan. Die Internasionale Olimpiese Komitee het die insluiting van skaatsplankry, branderry, klim, karate en bofbal bekragtig nadat die organiseerders dit aanbeveel het. Daar is reeds 28 sportsoorte op die skedule. Die president van die IOK, Thomas Bach, sê hy hoop die insluiting van die nuwe kodes sal nuwe gehore na die Spele lok.