Subscribe by Email

Vyf lede van gesin grusaam aangeval

Mnr. Marthinus van Vuuren in die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein nadat hy en sy gesinslede wreed deur aanvallers op Jagersfontein aangerand is.Foto: Maradine Whitehorn

In die soveelste voorval van gewelds misdaad in Suid Afrika, voel niemand meer veilig in hul eie huise nie.

Mnr. Johan van Vuuren beskryf dit as “iets uit ’n gru-verhaal”, nadat vyf van sy geliefdes “onmenslik wreed” in sy ouerhuis in Jagersfontein aangeval is.

Sy ouers, Boet (80) en Francina (77), broers Marius (44) en Marthinus (35), en broerskind Juan (13) is eergisteraand in hul huis in Harringtonstraat deur ses mans met grawe en messe aangeval. Die aanvallers het ’n bebloede huis agtergelaat. Boonop is byna die hele huis deur die booswigte omgekeer en geplunder.

“Dit is nie menslik nie,” het Marthinus gister uit sy hospitaalbed in die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein gesê.

Johan sê sy ma is in ’n koma en het bloeding op die brein. Sy is in die waaksorgeenheid van die Pelonomi-hospitaal in die stad.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.