Subscribe by Email

Vyf Kaapse winkels beroof

Armed robberies Cape Town

Ten spyte van verskerpte sekerheidsmaatreëls was vyf Kaapse winkels hierdie naweek  die teikens van gewapende roof.

Die Cape Gate-winkelsentrum in Brackenfell  is vanjaar swaar getref deur gewapende rowers met onder meer die MTN, Sportscene, Burger King en Altech Autopage wat beroof is. Drie gewapende mans het gisteroggend om 08:00 dië sentrum se parkeerkantoor beroof.

In ‘n aparte voorval het rowers ook Sondag by die Life Style Centre in Kloofstraat toegeslaan.

Saterdag het vier gewapende rowers op ‘’n winkel met elektroniese goedere in Montague Gardens toegeslaan. Na Werknemers in ’n agterkamer gedwing en vasgebind  is, het die verdagtes in twee voertuie, wat hulle met rekenaars volgepak het gevlug.

Vrydagaan is daar by Checkers in Meadowridge en by die Silvertree Super Store in Landsdowne toegeslaan. Die rowers het weggekom met ‘n groot kontantbedrag.

Niemand is nog in verband met enige van die voorvalle in hegtenis geneem nie.