Subscribe by Email

Vulkaan raak aktief

sinaDie owerhede op die Indonesiese eiland, Sumatra, het gister voortgegaan om honderde inwoners naby die vulkaan, Sinabung, te ontruim nadat dit Saterdag begin het om warm as en gasse die lug in te blaas.

Minstens drie-duisend mense het vroeër al van hulle huise af gevlug.

Die vulkaan het in 2010 aktief geraak nadat dit vir meer as 400 jaar dormant was, maar volgens wetenskaplikes was daar sedert die begin van die maand al hoe meer tekens dat dit tot uitbarsting kan kom.