Subscribe by Email

VSA waarsku sy burgers oor terroriste en misdaad in SA

Die VSA het ’n reis waarskuwing uitgereik aan Amerikaanse burgers wat na Suid-Afrika reis vir die Wêreldbeker.  Die waarskuwing gaan oor moontlike terroriste-aanvalle en misdaad. Volgens die Amerikaanse staatsdepartement se verklaring, is daar ’n verhoogde risiko van terroriste wat Amerikaanse burgers kan aanval tydens die wêreldbeker.

Hoewel daar heelwat gerugte in die media was oor sulke komplotte om die wêreldbeker te gebruik as ideale platform vir sulke aanvalle, verklaar die Amerikaanse staatsdepartement dat hulle geen inligting self oor enige spesifieke aanval beskik nie, maar sal sulke inligting onmiddelik openbaar maak sou enige spesifieke terroriste operasies onder hulle aandag kom.

Amerikaanse burgers in Suid-Afrika word deur hul departement aanbeveel om hulle motor deure gesluit te hou en die vensters toe te hou terwyl hulle bestuur. Hulle moet ook nie duur juwele dra in die openbaar nie.

Die waarskuwing verklaar ook dat publieke vervoer is “swak ontwikkeld” en Amerikaners word eerder aangeraai om van gehuurde voertuie of privaat vervoer gebruik te maak. Daar word ook aanbeveel dat wanneer hulle moet stop by verkeersligte saans, daar ’n “ontsnap roete” in gedagte gehou moet word.