Subscribe by Email

VSA teleurgesteld

sudanAmerika sê hy is teleurgesteld dat al-Bashir toegelaat is om ondanks ‘n internasionale lasbrief vir sy arrestasie na Soedan terug te keer ná ‘n beraad in Suid-Afrika.

‘n Woordvoerder van die departement van buitelandse sake, Jeffrey Rathke, sê dit is teleurstellend dat hy in Suid-Afrika was en daar geen optrede geen hom was nie.

Amerika was nie ‘n ondertekenaar van die Verdrag van Rome waardeur die Internasionale Strafhof tot stand gekom het nie, maar is ‘n ondersteuner van die hof.