Subscribe by Email

Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar kompetisie 2013

Alle jongboere en plaasbestuurders tussen die ouderdom van 18 en 35 jaar, wat by georganiseerde landboustrukture in die Vrystaat ingeskakel is, word aangemoedig om vir die jongboer van die jaar-kompetisie in te skryf. Belangstellendes sal egter moet opskud, want die sluitingsdatum is reeds 8 Februarie.

Landbouverenigings, landboubesighede, bedrywe en banke word ook aangemoedig om jongboere te nomineer.

Santam Landbou en Standard Bank het weer as borge vir die geleentheid toegetree.

Navrae of inskrywings kan gerig word aan Cynthia by cynthia@vslandbou.co.za of 051-444 4609.