Subscribe by Email

Vryheid en beperking van vryheid

Media vryheid

Media vryheid

In ‘n Nederlandse kompetisie deur die dagblad, Trouw, word hierdie vraag nog skerper gevra: Stop de vrijheid?
Die kompetisie, waarvoor die inskrywings Saterdag 16 gesluit het, het 160 inskrywings ontvang. Die kompetisie het met die haatspraakverhoor van Geert Wilders saamgeval.
Byna elke moontlike tema het egter in die inskrywings aan die beurt gekom – die mens se verantwoordelikheid teenoor die natuur, genetiese seleksie, die kopdoekdebat, vuurwapenbesit…
Verskeie deelnemers bepleit wat ten beste opgesom kan word; vryheid met verantwoordelikheid. Die feitlike versugting na permissiewe vryheid van die Joop den Uijl-era is baie stiller.
Die wenners moet nog aangewys word.
Wat Suid-Afrika betref, is daar miskien een opmerking uit ‘n inskrywing wat ‘n mens ondertussen in die kies kan stop en aan kou. Nederland het naamlik met die jongste persvryheidsindeks tot die gesamentlike eerste posisie verbeter, en dié deelnemer wys op die kosbaarheid hiervan.
Hy gaan egter verder, en meen hiermee word op Nederlanders wat dié vryheid koester, ‘n verantwoordelikheid geplaas om ander wie se menings in die doofpot geplaas word, nie in die steek te laat nie.
Dit is miskien die één boodskap wat Suid-Afrikaners, wie se land in een jaar met 5 plekke op die persvryheidsindeks gedaal het, moet waardeer. Ander ag ons persvryheid hoog – ons moenie self toelaat dat dit verslons nie. – Herman Toerien