Subscribe by Email

Vroue van vanjaar af slimmer as mans

‘n Nieu-Seelandse kenner van IK ‘s het bekend gemaak dat vroue van vanjaar af gemiddeld ‘n hoër IK as mans het, nadat mans se IK’s ‘n eeu gelede nog gemiddeld vyf punte hoër as dié van die skoner geslag was.

James Flynn, ‘n sielkundige, wie se boek oor sy navorsing binnekort die lig sien, sê daar moet nog verdere navorsing oor die verskynsel gedoen word om dit te verklaar.

Een van die redes wat aangegee word vir die vroue se inhaal en nou verbysteek van mans, is dat vroue in hul lewens al meer aan veeltaaking (multitasking) blootgestel word. 

Flynn het voorheen ontdek dat die mens se IK styg – ‘n verskynsel wat as die “Flynn-efek” bekend staan.

http://www.standaard.be/artikel/detail.aspx?artikelid=DMF20120715_017

 

Herman Toerien