Subscribe by Email

Vrou vermoor op ET se ou plaas

eugene’n Vrou is Sondagoggend aangeval en vermoor gevind op dieselfde plaas waar Eugène Terre’Blanche geboer het.

Die vrou se identiteit en wat met haar gebeur het, is nog onbekend op hierdie stadium.

‘n Boer van die omgewing, Schutte,  sê die vrou is Sondagoggend omstreeks 06:30 op Witrandjiesfontein deur drie mense aangeval.

Haar wit Isuzu-bakkie is na bewering in die voorval ook gesteel.

Lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder in Noordwes, het die voorval bevestig, maar kon nie bevestig of iemand al in hegtenis geneem is nie.

Volgens Makau was die polisie nog op die toneel en ’n klag van moord word ondersoek.