Subscribe by Email

Vrou nou hoof van VSA se Geheime Diens

Pres. Barack Obama het kritiek gesnoer oor hoe hy tot dusver vroue gesnoep het in die land se topposte in veiligheidsagentskappe, deur Julia A Pierson as die nuwe hoof van die Geheime Diens aan te wys.

Pierson is ‘n senior beroepsvrou van die Geheime Diens. Dié diens is veral getaak met die omsien na die veiligheid van die president.

Pierson sal nou regstreeks verantwoording doen aan nog ‘n vrou, Janet Napolitano, sekretaris (minister) van die veiligheidsdienste (Homeland Security).