Subscribe by Email

Vrou gevind wat dag oue baba ontvoer het

Fiona Luke, 20 jaar oud, Gesoek

Die vrou wat na bewering ’n dag-oue baba ontvoer het, oor wie Koerant gister berig het as gesoek deur die polisie, is opgespoor en in hegtenis geneem in Johannesburg, volgens berigte op SABC-Nuus.

Die 20 jarige vrou van Philippi op die Kaapse vlakte, het blykbaar aangebied om na ’n dag oue baba te kyk, terwyl die baba se ma vir hulle gaan koeldrank koop het. Toe die baba se ma terugkeer, was die vrou weg met die kind.

Die verdagte is in hegtenis geneem gister en die baba is ongedeerd gevind. Sy sal na Kaapstad gebring word om in die hof te verskyn.

One Response to Vrou gevind wat dag oue baba ontvoer het

  1. Kuifie

    April 28, 2010 at 10:31 am

    Eindelik is daar wat goeie nuus, die baba is gevind, die ma is baie gelukkig, ons is bly vir haar, en laat ons dit maar sê…goeie werk van die polisie. Ons hoop die baba is gesond. Daar bestaan dus nog wonderwerke. Jammer dat die goeie nuus moet onstaan uit die slegte nuus.