Subscribe by Email

Vrou gesoek wat dag-oue baba steel

Fiona Luke, 20 jaar oud, Gesoek

Die polisie is op soek na ’n vrou wat na bewering ’n dag-oue baba gesteel het. Die vrou staan bekend as Fiona Luke en sy is 20 jaar oud, ongeveer 1.5-meter lank en het ’n goud-insetsel in een van haar tande. Sy praat vlot Afrikaans en Xhosa.  Sy was laas opgemerk in ’n vlootblou sweetpaktop met ’n blom motief, swart jean en swart skoene met wit kouse en het ’n bruin baba sak, ook met ’n blom motief gedra.

Ondersoek beamptes vermoed dat sy in die Langa of Philippi area kan wees, of selfs so vêr as die Oos-Kaap.

Die voorval het plaasgevind toe die vrou na bewering met ’n dag oue baba verdwyn het naby ’n hospitaal by die Mitchells Plain Mediese Sentrum nadat die ma van die baba vir haar ’n koeldrank gaan koop het en die baba by die vrou gelos het.

Die baba het ’n pienk kruip-pakkie aangehad, met ’n pienk baba hoedjie en pienk kombersie.

Enige een met inligting kan vir Adjudant-offisier Josh Samuels by 083 548 4677 of 021 376 9859 skakel.