Subscribe by Email

Vroegoggend in Ventersdorp, ’n Sterk polisiemag teenwoordig

’n Sterk polisiemag is vandag in Ventersdorp teenwoordig, waar die vermoorde AWB leier, Eugene Terre’Blanche oor ’n paar uur van nou af begrawe word. Beide polisielede en AWB-lede in uniform is buite die Terre’Blanche huis teenwoordig, waar die laaste voorbereidings vir die begrafnis afgehandel word.

Daar word berig vanuit Ventersdorp, dat joernaliste van Frankryk, aan AWB lede voor die Eugene Terre’Blanche huis gevra het of dit veilig sal wees in Suid-Afrika gedurende die sokkerwêreldbeker. Natuurlik was die antwoord wat hierdie joernaliste gekry het negatief en dat toeriste eerder moet wegbly vanaf die sokkerwêreldbeker.