Subscribe by Email

Vrese oor ‘n groot uitbreking van ebola

D

ebola

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het vrese oor ‘n groot uitbreking van ebola in Europa onderspeel. Gesondheidsministers van EU-lande is byeen om die krisis te bespreek. Frankryk het aangekondig dat hy voortaan toetse sal doen op passasiers vanuit Guinee, wat een van die lande is wat die swaarste getref is deur die virus. Vroeër het die Amerikaanse president, Barack Obama gesê die VSA moet ‘n meer aggressiewe reaksie op die siekte hê.

‘n Woordvoerder van die WGO, Christopher Dye het gewaarsku dat die risiko nie oordryf moet word nie.

Intussen het Sierra Leone aangekondig dat die siekte nou ook na die laaste onaangeraakte gebied in die land versprei het en in Denemarke is ‘n gesondheidswerker vir die siekte getoets. Die gesondeheidswerker werk vir Dokters Sonder Grense.