Subscribe by Email

Vreemde vorteks op Saturnus se maan Titaan ontdek

Nasa se ruimteskip, Cossini, het ‘n vreemde vorteks oor die suidpool van een van Saturnus se mane, Titaan, ontdek.

Die teenwoordigheid van die vorteks oor die suidpool dui waarskynlik daarop dat die winter naderkom. Dit neem die vorteks ongeveer nege uur om ‘n volledige omwenteling te maak teenoor Titaan se  16 aarddae om om sy eie as te draai.

Polêre vortekse is ook al op verskeie planete in ons sonnestelsels waargeneem, soos op Venus, Saturnus, Jupiter, Neptunus en op die moederaarde self.

Titaan is die tweede grootste maan in ons sonnestelsel, en met ‘n deursnee van 5 150 amper net so groot soos die grootste, Jupiter se Ganymede (5 268). Die aarde se maan (3 474 km) is die vyfde grootste maan in die sonnestelsel.

http://www.space.com/16526-saturn-moon-titan-polar-vortex.html

Foto: Nasa