Subscribe by Email

Voortbestaan van die Euro in gedrang

eu

Moontlik die ergste krisis in die EU se geskiedenis gaan bespreek word, wanneer die regeringsleiers van die 27 lidlande van die Europese Unie (EU) aanstaande week vir hul kwartaallikse spitsberaad in Brussel byeenkom.

Dit gaan om die dreigende bankrotskap van Griekeland. Dié land het ’n hele reeks swak regerings agter die rug, wat deur die vakbonde en die kiesers geboelie is om geld soos bossies uit te gee; geld wat die staat nie het nie. Die Grieke staan gevolglik bakhand by die EU om hulle uit die gemors te help. Maar die invloedrykste EU-leiers, met dr. Angela Merkel van Duitsland en pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk voorop, het enige finansiële hulp versper – die Grieke moet hul eie probleme oplos, is die houding.

Hoe ook al, die ekonomiese krisis wys opnuut die gebrek aan eenheid in die EU uit. Soos die president van die EU, die Belg mnr. Herman van Rompuy, vandeesweek in ’n toespraak gesê het: Die EU kan vergelyk word met “ ’n konvooi van 27 skepe wat sy pad deur die geopolitieke golwe moet vind – elkeen onder sy eie vlag én onder dié van die EU.”

3 Responses to Voortbestaan van die Euro in gedrang

  1. Kuifie

    Maart 22, 2010 at 4:38 pm

    Die uitspattige Olimpiese Somerspele van 2004 in Athene het Europa ook betaal. Met iemand anders se geld spog kan hulle goed.

  2. corrie moekotte

    Maart 21, 2010 at 5:11 pm

    Klopt wat Kuifie zegt.

    We zijn zoals gewoonlijk belazerd door onze leiders.

  3. Kuifie

    Maart 20, 2010 at 11:37 am

    Toe Griekeland in die jare ’70, en dit na jare geduldig wag, eindelik by Europa kon aansluit, en daardeur baie geld van Europa gekry het, kon die Grieke die geld nie vinnig genoeg weer uitgee nie. Baie grieke het toe smalend vir Europeërs gesê, wees bly ons kom julle help. Die meeste Grieke het ook nie geweet dat die baie geld wat hulle toe skielik kon gebruik uit Europa gekom het nie. Voor Griekeland by Europa aangesluit het was hulle maar vrek arm, en almal het geweet daar skort iets aan hulle ekonomie en hulle werk-etiek. By die Grieke werk alleen die vrouens, mans doen daar gewoon foppol. Skreeu en orders gee aan hulle vrouens en op ‘n stoep se skaduwee lekker met vriende gesels is al wat hulle kan doen. Baie Europaleiers was onwillig om na hulle eie mense te luister, die meerderheid was teen ‘n Griekse aansluiting, maar soos jy weet politiekers luister nooit na die wat hulle gekies het nie. Die probleem wat Europa vandag met Griekeland ondervind is nie die Grieke se skuld nie, maar Europa se skuld. Europa moes die Grieke nooit die kans gegee het om aan te sluit nie.