Subscribe by Email

Voormalige speaker sê die parlement se geloofwaardigheid het ‘n knou gekry

maxDie voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Max Sisulu, sê die parlement se geloofwaardigheid het ‘n knou gekry en dit moet sy huis in orde kry. Die ANC-veteraan het die eerste sy stilswye oor die Nkandla-saga, wat reeds twee jaar lank voortsleep, verbreek toe hy erken het dat dit moeilik en pynlik was om gister na die Grondwethof se uitspraak op televisie te kyk. Sisulu, wat ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee is, het aan City Press gesê die parlement moes ‘n groter rol speel om die saak vroeër te beëindig en so seker te maak dat dit geloofwaardigheid behou.

Intussen sê die leier van die Demokratiese Alliansie, Mmusi Maimane, die moontlikheid bestaan dat hulle weer die Grondwethof kan nader indien hul aansoek om president Jacob Zuma in ‘n staat van beskuldiging te plaas nie slaag nie. Dit volg nadat die hof gister bevind het dat Zuma nie volgens die grondwet opgetree het toe hy geweier het om die Openbare Beskermer se aanbevelings uit te voer nie. Sy het aanbeveel dat hy ‘n gedeelte van die staatsgeld terugbetaal wat aan opgraderings by sy privaat woning in Nkandla spandeer is. Maimane sê Zuma se optrede is ‘n ernstige oortreding van die grondwet en is genoeg rede vir ‘n staat van beskuldiging.