Subscribe by Email

Voormalige direkteur-generaal van Arbeid verkla Eskom by die Openbare Beskermer

6376c5c4-2ba5-4955-a3b6-eeaeed791e5c.jpgDie gewese direkteur-generaal van Arbeid, Jimmy Manyi, het die kantoor van Openbare Beskermer Thuli Madonsela namens die Dekolonialisering-stigting gevra om beweerde ongerymde staatskontrakte te ondersoek wat Eskom en ander semi-staatsinstellings toegeken het. Hy sê die stigting wil weet of die Nasionale Tesourie in 2007 die aanvanklike tenderprys van 69,1 miljard Rand vir die Medupi- en Kusile-kragstasies goedgekeur het. Die Tesourie ondersoek tans Eskom se steenkoolkontrakte, insluitend met die Gupta-beheerde maatskappy Tegeta. Manyi sê die ongebreidelde stroping van staatsbronne in Suid-Afrika moet dadelik endkry.