Subscribe by Email

Volksraad sit naweek op Orania

Die tweede voltallige sitting van die Boere-Afrikaner Volksraad vind eerskomende naweek plaas. Nadat die Volksraad sy eerste volledige sitting op 8 Oktober 2011 gehad het, het die Dagbestuur sake hanteer.
Die Volksraad beplan om sy volledige sittings telkens elders in die land te hou ten einde mense in staat te stel om insette te kan lewer. Die sitting in Orania sal dan ook gedeeltelik oop wees vir die publiek en die media. Die verrigtinge begin Saterdagoggend om 09:00 in die ouditorium op Orania. Die Volksraad sal daar verwelkom word, die Voorsitter en die ander Volksraadslede sal terugvoer gee oor die werksaamhede waarmee hulle tot dusver besig was, en dan sal mense die geleentheid hê om vra te vra en aan die bespreking deel te neem
Die Volksraad sal ook van die geleentheid gebruik maak om gesprek te voer met Orania se bestuur, en die middag sal ‘n geslote vergadering wees.