Subscribe by Email

Volgende man op die maan ‘ n Chinees?

As alles volgens plan verloop, sal die eerste Chinees in 2020 op die maan rondloop. Maar reeds volgende jaar wil die Chinese ‘n onbemande landing op die maan uitvoer, en ‘n karretjie, Chang’e-3e op die maanoppervlak laat rondry om die maan in kaart te bring.

Die nuus is Dinsdag deur die nuusagentskap Xinhua bekend gemaak.

In 2007 en 2010 het die Chinese reeds daarin geslaag om tuie in wentelbane om die maan te plaas. China bou ook sy eie ruimtestasie.

Rusland is self met die maan gepla. Rusland wil in 2015 ‘n onbemande tuig na die maan stuur. Sou dit slaag, word beplan om teen 2017 ‘n Indiese robotjeep op die maan te laat land. Teen 2017 wil die Russe maanbodem na die aarde terugbring, as voorloper om rots van Mars se maan, Phobos na die aarde terug te bring. Teen 2024 wil die Russe rots van Mars self se oppervlak terugbring.

Intussen het Nasa bekend gemaak dat sy tuig, die Curiosity, die naweek op Mars sal land. Dié verkenninsgvoertuig is so groot soos ‘n gesinsmotor, en sal selfs teen 90 km per uur kan ry. Versamelde materiaal sal in die tuig se eie laboratorium ontleed word, en onder meer soek na spore van oer-lewe. Die tuig keer egter nie na die aarde terug nie.

Dié nuus volg net ‘n week na die nuus dat die eerste Amerikaanse vrou in die ruimte, Sally Ride, haar stryd teen kanker verloor het. Sy het twee ruimtereise meegemaak en altesaam 350 uur in die ruimte deurgebring.

Foto: ‘n Chinese vuurpyl wat verlede week gelanseer is. Foto A P

Foto: Curiosity onder konstruksie

Herman Toerien