Subscribe by Email

Vliegtuig vanuit Johannesburg val in Tripoli, al 105 aanboord dood

’n Libiese vliegtuig met 94 passasiers en 11 bemanningslede aan boord, wat vanaf Suid-Afrika na Tripoli onderweg was, het verongeluk net buite die lughawe in Tripoli. Al 105  aan boord is dood in die ongeluk.

Daar is geen onmiddelike aanduiding wat die oorsaak van die ongeluk was nie. Die Afriqiyah Lugdiens vliegtuig was besig om te land vanoggend 6.00 (GMT)

Volgens die Afriqiyah Lugdiens se webtuiste vlieg hulle met Airbus vliegtuie. Die lugdiens behoort  aan die Libiese regering.

Geen verdere besonderhede is op die stadium bekend nie en daar is nie sekerheid of enige Suid-Afrikaners aan boord was nie.