Subscribe by Email

Vliegtuig breek op in twee toe dit land

’n Passasiersvliegtuig van Indonesië met meer as 100 passasiers aan boord, het van die landingstrook afgegly en in twee stukke gebreek toe dit in Manokwari wou land.

Die Merpati Boeing 737-300 behoort aan Merpati Nusantara Airlines en omtrent 20 passasiers asook een bemanningslid is beseer en na ’n hospitaal geneem.

Dit is meestal kleiner lugrederye wat Indonesië bedien en meeste van hulle het nie ’n baie goeie veiligheidsrekord nie.

Vroër het die Europese Komissie alle Indonesiese vlugte verbied om in Europa te land as gevolg van hierdie onstabiele veiligheidsrekord. Verlede jaar het die komissie egter die verbod gelig op vier Indonesiese lugrederye, onder andere Garuda Indonesia, Mandala, Airfast en Premiair, aangesien hulle veiligheidstandaarde verbeter het.