Subscribe by Email

Vier verdagtes gaan in die hof verskyn in verband met die moord op Franziska Blöchliger

fran1Vier verdagtes sal in die landdroshof in Wynberg verskyn in verband met die moord op Franziska Blöchliger. Die 16-jarige Franziska het Maandag verdwyn toe sy tydens ‘n gesinsuitstappie in die gewilde Tokai-woud gaan draf het. Haar liggaam is daardie aand gevind. Drie mans tussen die ouderdomme van 22 en 27 is vroeër die week formeel aangekla weens die moord op die tiener terwyl ‘n vierde verdagte in aanhouding is weens die besit van gesteelde goedere wat met die saak verband hou.