Subscribe by Email

Vier veranderinge aan die Springbokspan wat teen Australië sal speel

119640572Vier veranderinge is aangebring aan die Springbokspan wat Saterdag in Brisbane teen Australië uitdraf. Francois Hougaard, Juan de Jongh en Jesse Kriel is in die agterlyn terwyl Lourens Adriaanse in die plek van Vincent Koch sal speel. Hougaard staan in vir die beseerde Ruan Combrinck, terwyl De Jongh en Kriel in Damian de Allende en Lionel Mapoe se plek uitdraf. Laasgenoemde twee spelers is op die reserwebank.