Subscribe by Email

Vier Suid-Afrikaners word in hegtenis geneem in verband met vermeende terreurverwante bedrywighede

rsatVier Suid-Afrikaners is in Johannesburg in hegtenis geneem in verband met beweerde terreurverwante bedrywighede. Hangwani Mulaudzi van die polisie se Valke-eenheid sê hulle is aangekeer voor hulle na Sirië sou vlieg. Volgens berigte stroom buitelanders na Sirië om vir of teen die terreurgroep Islamitiese Staat te veg. Die verdagtes sal vandag in die hof verskyn. Die regering het beklemtoon dat hy die bedreiging van gewelddadige ekstremisme en terreur baie ernstig opneem.