Subscribe by Email

Vier Suid-Afrikaanse skeidsregters gaan in Junie rugbytoetse hanteer

24165675Wêreldrugby het vier Suid-Afrikaanse skeidsregters aangestel vir toetse in Junie. Stuart Berry sal in beheer wees van die kragmeting tussen die Poemas en Italië in Argentinië, en Craig Joubert van die wedstryd tussen Australië en Engeland in Melbourne. Jaco Peyer blaas die toets tussen die All Blacks en Wallis in Wellington, en Marius van der Westhuizen hanteer die kragmeting tussen Amerika en Italië in San José.