Subscribe by Email

Vier polisielede word in Dallas vermoor tydens betogings

dallasVier polisielede is in die Amerikaanse staat Dallas doodgeskiet en sewe gewond tydens betogings teen die dood van swartmense aan die hand van die polisie. Opstande het landwyd uitgebrei nadat twee swart mans dié week in afsonderlike voorvalle in Minnesota en Louisiana doodgeskiet is. Polisiehoof David Brown sê twee skerpskutters het op geregsdienaars losgebrand en een van die gewondes is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Die BBC berig dat twee verdagtes in hegtenis geneem is.