Subscribe by Email

Vier briewe vir Jan Ellis – Steve Hofmeyr

Met Vier briewe vir Jan Ellis debuteer die bekende sanger, Steve Hofmeyr, as prosaskrywer. Die vaardigheid waarmee hy die medium hanteer getuig van ’n kennis van sy grond, sy land en sy mense. Dit is ’n besonderse werk waarin ’n kragtige storie vertel word. Humor en patos vorm die grondslag vir die hartverskeurende verhaal van ’n onskuldige posbode wat weens ’n sameloop van omstandighede diep in die moeilikheid beland. Die karakters staan magteloos voor kerkleiers, die regstelsel en ’n gemeenskap wat hulpeloses soms in die steek laat. Vier briewe vir Jan Ellis, ’n boek oor ’n doodgewone spreekwoordelike “klein” mannetjie, roer grootse kwessies aan sonder dat ’n “boodskap” aan die leser opgedwing word.

.
Steve Hofmeyr is een van die gewildste verhoogkunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjie-skrywer en akteur is hy ook bedrywig in aktuele en kulturele  kwessies. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in die TV-reeks Agter elke man en verskeie films en sepies. Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder andere van die ATKV vir sy onderhoud-voering in die kykNET-reeks Dis hoe dit is, van EMI vir CD-verkope na aan twee miljoen en van SAMA vir die grootste verkoper in Suid-Afrika in alle genres. Sy outobiografie, Mense van my asem, was ’n topverkoper in 2008. Vier briewe vir Jan Ellis is sy vyfde boek maar eerste novelle.

Vier briewe vir Jan Ellis deur Steve Hofmeyr, ISBN: 978 1 77022 081 2, Prys: R120.00

Vir verdere inligting, skakel asseblief vir Kim Taylor by (011) 484-3538 of stuur ‘n epos aan kimt@randomstruik.co.za