Subscribe by Email

Vier borge beëindig hulle verbintenis met die omstrede Amerikaanse swemmer

ryan-lochte_650x400_61471583057Vier borge het hulle ooreenkomste met die Amerikaanse swemmer Ryan Lochte verbreek nadat hy tydens die Olimpiese Spele gelieg het oor ‘n voorval waar hy en drie ander atlete dronk was by ‘n vulstasie. Hulle het beweer dat gewapende rowers hulle oorval het, maar later met die sak patats uitgekom. Die borge wat onttrek het, is die swemklere-vervaardiger Speedo, die mode-etiket Ralp Lauren, die velsorgmaatskappy Syneron-Candela en die Japanse matrasvervaardiger Airweave.

Die 32-jarige Lochte, wat in sy loopbaan twaalf Olimpiese medaljes ingepalm het, het sedertdien om verskoning gevra maar volgehou dat hy net dele van die storie oordryf het. Speedo gaan ‘n deel van sy borgskap aan ‘n Brasiliaanse kinderwelsynsorganisasie skenk.