Subscribe by Email

Video, Malema jaag ‘n Britse Joernalis uit mediakonferensie

Foto: The Daily Maverick

Julius Malema het vanoggend tydens ’n mediakonferensie oor sy onlangse besoek aan Zimbabwe, in Luthuli-Huis, Johannesburg, ’n Britse joernalis ’n “blerrie agent” en “bastard” genoem en hom by die mediakonferensie uitgejaag. Dit het gevolg nadat die joernalis ’n vraag aan Malema wou vra.

Die wit manlike joernalis het Malema uitgevra oor sy eie weelde lewe in Sandton, waarop Malema sy uitlatings gemaak het. “Hierdie is die gebou van ’n rewolusionêre party. Hier gedra jy jou of so-nie moet jy spring” Malema het hierna gevra dat sekuriteit die joernalis moet verwyder.

Sommige joernaliste het die woorde van Malema, dat die joernalis moet “spring” opgevat as ’n dreigement, want die vergadering was op die 11de vloer van Luthuli-Huis. Die joernalis het opgestaan en self-geloop, met Malema se woorde van “bastards” en “agents” in almal teenwoordig se ore.

One Response to Video, Malema jaag ‘n Britse Joernalis uit mediakonferensie

  1. expat

    April 9, 2010 at 4:00 pm

    bid maar net dat maleme nooit president van S.A word nie. ‘n 2de idi amin.