Subscribe by Email

Video: Dapper Reuben lewendig en herenig met familie na Tripoli vlugramp.

Die nege jarige Nederlandse seun wat die enigste oorlewende is van gister se vliegtuig ongeluk in Tripoli, is verenig met sy familie. Ruben van Assouw wat van Tilburg afkomstig is, was vanoggend deur sy oom en tante in die hospitaal in Tripoli besoek. Hulle het vroër gearriveer vanaf Nederland. Beide kind en familie het mekaar onmiddelik herken.

Sy familie sê dat dit nog te gou is om te bepaal wat nou van Reuben gaan word nadat beide sy ouers omgekom het in die ongeluk. Reuben sal na Nederland teruggevlieg word sodra sy mediese toestand dit toelaat. Volgens hospitaal woordvoerders is hy in ’n stabiele toestand, na operasies om gebreekte bene te herstel aan sy onderlyf.

Reuben is egter nie die eerste enkel kinder oorlewende in ’n vliegramp nie. ’n 12 jarige meisie het verlede jaar in Jemen oorleef nadat ’n Airbus in die see gestort het en almal, behalwe sy, aan boord gedood is. Sy was gevind ongeveer 13 ure na die ramp, waar sy desperaat aan ’n wrakstuk in die see vasgeklou het.

In 2003 het ’n 3 jarige seun ook oorleef in ’n vliegongeluk in Sudan en in 1995 het ’n 9 jarige meisie ook alleen oorleef in ’n ongeluk toe die vliegtuig in Columbia in die lug ontplof het. In 1997 was ’n Taiwanese seun aan boord ’n Viëtnam vliegtuig ook die alleen oorlewer van ’n vliegongeluk.

One Response to Video: Dapper Reuben lewendig en herenig met familie na Tripoli vlugramp.

  1. Kuifie

    Mei 13, 2010 at 1:22 pm

    Ek kry die kind baie jammer….Nederland is geskok.