Subscribe by Email

Video: Buitelandse joernaliste beleef antiklimaks na WB2010 konsert

Die wêreldbeker afskopkonsert gisteraand het op ’n antiklimaks geëindig vir buitelandse joernaliste toe hulle na die mediakamer terugkeer, net om te vind dat hulle beroof is van hulle skootrekenaars en ander toerusting, wat op hul lessenaars was.

Gelukkig is hierdie dief op heterdaad betrap en het hy/sy 5 minute van glorie beleef voor talle kameras wat hom afgeneem het terwyl hy deur die polisie in hegtenis geneem word. Hy het twee skootrekenaars in ’n sak by hom gehad.

Volgens zoopy.com was hierdie ook nie die enigste insident nie, na bewering het sakkerollers ’n fees gehad buitekant die stadion waar talle feesgangers blykbaar hulle selfone en beursies vermis het.