Subscribe by Email

Video: 2 Jarige van Indonesië rook 40 sigarette per dag

Op die tender ouderdom van net 2 jaar, is Ardi Rizal se gesondheid besig om vinnig agteruit te gaan omdat hy tot 40 sigarette per dag rook. Hy is skaars 4 bakstene hoog en is klaar heeltemal te onfit om saam met sy maats rond te hardloop.

Ten spyte van plaaslike amptenare se offer aan Rizal se ouers om aan hulle ’n nuwe motor te skenk as hulle Rizal sal laat ophou rook, sê sy ouers hulle kry dit nie reg om hom te laat ophou nie. As hy nie sy sigarette kry nie, gooi hy massiewe vloermoere en beseer homself omdat hy/sy kop teen mure begin stamp. Die tweejarige rook ook net ’n sekere sigaret maak.

Sy 25 jarige moeder, Diana sê dat hy totaal verslaaf is en sy visserman vader, die 30 jarige Mohammed sê weer hy kan niks fout sien omdat die kleuter rook nie. “Hy lyk spekvet en gesond vir my” het Mohammed gesê.

Volgens opnames in Indonesië is 3.2% van kinders tussen die ouderdom van 3 en 15 jaar verslaaf aan sigarette. Daar is tans nog geen amptelike rookwette in Indonesië nie.