Subscribe by Email

VF Plus verwelkom aankondiging oor Voortrekkermonument

“Die VF Plus verwelkom die aankondiging vandag in Pretoria deur die minister van Binnelandse Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, dat die Voortrekkermonument binnekort as ‘n nasionale erfenisterrein verklaar gaan word. Dit is ook belangrik om daarop te let dat hierdie stap met die oog op nasionale versoening gedoen word. Dit is egter jammer dat hierdie aankondiging nie deur pres. Zuma in sy staatsrede gedoen is nie, waarin hy oor nasionale versoening gepraat het nie,” sê dr. Corné Mulder, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor Kuns en Kultuur.

Die VF Plus wil voorts die hoop uitspreek dat die Voortrekkermonument voortaan voldoende finansiering sal ontvang, maar dat hierdie stap nie gebruik sal word om inbreuk te maak op die outonome bestuur van die Monument deur die Erfenisstigting nie.

One Response to VF Plus verwelkom aankondiging oor Voortrekkermonument

  1. Adriana Stuijt

    Februarie 20, 2012 at 12:56 pm

    En dan het die ANC volledige beheer daaroor?