Subscribe by Email

VF-Plus sê die Menseregtekommissie ondersoek klagtes van haatspraak teen Zuma

Adv_Anton_Alberts_VFplus_MPDie Vryheidsfront-Plus sê hy het na verskeie klagtes uiteindelik daarin geslaan om die Menseregtekommissie sover te kry om president Jacob Zuma tot verantwoording te roep weens moontlike haatspraak teen witmense. Dit handel onder meer oor sy uitlating dat die land se probleme begin het met die aankoms van Jan van Riebeeck. Woordvoerer Anton Alberts sê die MRK het bevestig dat Zuma nou op die klagtes geantwoord het. Hy sê die VF-Plus sal voortgaan om druk op die kommissie te plaas om sy werk behoorlik te doen en streng op te tree teen alle oortreders, ongeag velkleur.