Subscribe by Email

VF+ kap Transnet weer

Terwyl Transnet sy voete sleep om die parlementêre opdrag uit te voer om die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds (TTVVF) aan te vul sodat die beloofde verhogings en terugwerkende betalings aan die verarmde pensionarisse kan plaasvind, het Transnet ‘n bedryfswins van R5,5 miljard getoon volgens die maatskappy se half-jaarlikse verslag. “Dit is ‘n skande dat pensioenarisse krepeer terwyl Transnet ‘n bedryfswins het wat byna drie keer soveel is as die R1,9 miljard wat nodig is om die pensioenfonds aan te vul om pensionarisse hul verhogings en bonusse te betaal,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake, gesê.

“Transnet se bedryfswins het met 39,5% toegeneem vanaf R3,9 miljard in 2010 tot die huidige R5,5 miljard. In teenstelling hiermee kry pensionarisse ‘n jaarlikse 2% verhoging op hul pensioene. Klaarblyklik is Transnet tevrede daarmee om pensionarisse finansieel te laat sukkel omdat die aanvulling van die TTVVF nie gedoen word nie ten spyte van ‘n groot toename in die maatskappy se bedryfswins. Die nie-oorbetaling kan daarom gesien word as een van die kostebesparingsinisiatiewe wat Transnet ingestel het om sy wins te vergroot te midde van hoër produksiekoste,” het adv. Alberts bygevoeg.

Die VF Plus glo dat Transnet kwaadwillig optree deurdat die uitvoerende hoof van Transnet, mnr. Brian Molefe, nie sy onderneming aan die arlement gestand doen om die oorbetaling te maak nie. Die huidige groei in bedryfswins toon baie duidelik dat Transnet wel oor die nodige fondse beskik, maar dit nie wil aanwend nie en die vraag kan met reg gevra word of in die lig hiervan mnr. Molefe wel die mees geskikte persoon is om die maatskappy te bestuur.

2 Responses to VF+ kap Transnet weer

  1. Hannes Louw

    September 26, 2014 at 5:43 pm

    Mnr oosthuisen dink aan die Israeliete hulle het swaar gekry onder die Egiptenare. Maar hulle het ernstig tot die HERE gebid en hy het Moses en AAron vir hulle gestuur om hulle te red.Dit het Moses 40jaar geneem om hulle te red. Die HERE het Adv Alberts en die regspsn gestuur om ons te help kom ons kla nie dan kan dit hulle dalk net een jaar neem om ons te help. As ons vat hoe vinnig het Adv Alberts ons gelp

  2. A.L Oosrhuizen

    April 9, 2013 at 10:49 pm

    Ek wil net vanag uit die hart en waar ek vannag nier kan slaap van pyn vir almal se: Weet julle ons pensioenarisse is soos afval weggegooi!
    Niemand anders as jy self weet hoe voel dit met trane wat spoel oor my boodskap hoe voel dit om jou eggenote in die oe te kyk en se daar is nie kos nie geld! Wat gaan ons doen, ek weet nie meer nie, ek het my lewe lank vir die spoorwee gewerk en sukuriteit vir my aftrede opgebou, nou kry ek die wrede ontnugtering! Wat maak n mens! Ons pensioenarisse is ook lewende wesens met behoeftes! Daar is geen vordering geen respek geen dreingentyd hoe gemaak ek is ook nog n mens wat moet oorleef op n pensioen van R2000 pm Is daar iemand wat ons noodkreed kan hoor!