Subscribe by Email

Verwelkom die manier waarop kerke met die regering praat

cyrilAdjunkpresident Cyril Ramaphosa het homself verdedig na kritiek op opmerkings wat hy die naweek oor godsdiensleiers gemaak het. Hy het tydens ‘n kerkdiens in Limpopo gesê kerkleiers wat die ANC vroeër gelei het, was nie verdelend nie, maar het vir die organisasie gebid. Ramaphosa sê as dit die indruk geskep het dat die kerk nie by politiek betrokke moet raak nie, is dit verkeerd. Hy sê hy verwelkom die manier waarop kerke en ander godsdiensorganisasies met die regering praat oor belangrike uitdagings waarmee die land te kampe het.